Die Namibiese fietsryer Drikus Coetzee neem tans deel aan die Rhino Run van Windhoek na Graaff Reinet in Suid Afrika, oor 'n afstand van ongeveer 2-duisend-835 kilometer. Coetzee het met Kosmos 94.1 Nuus oor sy eerste dag op die pad gepraat:
Die onlangse beëindiging van die RedForce-skuld-invorderingskontrak deur die Walvisbaai Munisipale Raad het vrae laat ontstaan oor wetlike nakoming en die prosedures wat gevolg is by die toekenning van die ooreenkoms. Armas Amukoto, die IPC-skadu-minister vir Stedelike en Landelike Ontwikkeling, sê die langtermyn-doelwit behoort te wees om plaaslike owerhede te bemagtig…
Die waarnemende polisie-hoof-inspekteur van die Namibiese polisie, Majoor-generaal Anne-Marie Nainda waarsku wets-toepassers dat hulle te alle tye sigbaar moet wees en hul werk moet doen... as hulle tydens die fees-seisoen na padblokkades ontplooi word. Nainda het tydens Maandag se bekendstelling van die 2026/2027 Kersseisoen-padveiligheids-veldtog gesê dat twintig Nampol-lede met 30…
Die nuut-aangestelde direkteur van die Teenkorrupsie-kommissie, Bryan Eiseb, sê voortdurende korrupsie kan die geleenthede.... wat deur die groeiende olie- en gassektor geskep word, in die wiele ry. Hy waarsku dat korrupsie, op die einde van die dag, die land se sosiale en ekonomiese ontwikkelings-geleenthede kan ondermyn. Tydens 'n persgeleentheid vanoggend…
Uit die buurland vra MOVE SA die Suid Afrikaanse regering om doeltreffende en wettige maatreëls in te stel... om spanning tussen plaaslike gemeenskappe en buitelanders te verlig. Die partyleier Rali Mampeule sê die regering moet pro-aktief optree om die onderliggende oorsake van spanning aan te spreek en verdere xenofobiese geweld te…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.