
Geen diesel het verdwyn: Eskom-ondersoek
Loading player...
Eskom sê hy het die onafhanklike regs-assessering, diesel-aanpassing, en verifiëringsprosesse van sy ondersoek na dieselverkryging- en bergingskontrakte afgehandel. Die ondersoek was na kontrakte van ʼn geraamde 21-miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2024 toegeken is. Eskom se woordvoerder, Daphne Mokwena, sê die onafhanklike prosesse het geen bewyse gevind dat diesel waarvoor die kragverskaffer betaal het, weg is nie. Sy sê die ondersoek het wel gevalle bevestig waar Eskom-prosesse wat betalings aan sekere verskaffers betref, nie nagekom is nie:

