
Beesstert onder druk in SA
Loading player...
Die Vereniging van Vleisinvoerders en -uitvoerders sê die hersiene invoervereistes beperk die beskikbaarheid van Argentynse beesstert in die plaaslike mark. Die organisasie sê die beperkings volg op veranderings aan Suid-Afrika se veeartsenykundige sertifikaat vir Argentynse beesvleis. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Paul Matthew, sê die maatreëls beïnvloed die aanbod en plaas druk op verbruikers en vra die reëls moet dringend hersien word:

