
Brandstofprys vir September vandag of Maandag verwag
Loading player...
Die brandstofprysaanpassing vir September sal waarskynlik vandag of Maandag aangekondig word. Kosmos 94.1 Nuus het met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen gepraat, wat sê hul vooruitsigte vir die brandstofprysaanpassing is 'n bietjie gemeng, met meer gunstige vooruitsigte vir petrol eerder as diesel. Hy sê daar was heelwat stygings in beide petrol en diesel dwarsdeur die jaar, maar die nuwe pryse sal hoofsaaklik bepaal word deur die gemiddelde internasionale prys van geraffineerde produkte en die wisselkoers.

