
Eiseb wil korrupsie verhoed, nie net bestry
Loading player...
As een van sy eerste amptelike verpligtinge voordat hy formeel op 1 Oktober die leisels van direkteur-generaal van die Teenkorrupsie-kommissie oorneem, het Bryan Eiseb 'n hoflikheidsbesoek aan die Speaker van die Nasionale Vergadering, Saara Kuugongelwa-Amadhila, afgelê. Eiseb het kommer uitgespreek oor die kommissie se onvoldoende begroting, terwyl hy die Speaker verseker het dat die kommissie onder sy leierskap op die voorkoming van korrupsie sal fokus eerder as om dit bloot te bestry.

