
Amerikaanse ambassadeur 'meng in, regering moet optree'
Loading player...
Aktivis Michael Amushelelo het 'n nasionale petisie van stapel gestuur waarin hy die regering versoek om die Amerikaanse ambassadeur, John Giordano, tot persona non grata te verklaar. Amushelelo beskuldig die Amerikaanse diplomaat van inmenging in binnelandse sake en verwys na hoëvlakvergaderings met geregtelike amptenare, en interaksies by nasionale geleenthede as kommerwekkend en omstrede. Hy gesels met Kosmos 94.1 Nuus:

