FNB Eagles gereed vir FNB T20 driehoekige reeks

Loading player...
Krieket Namibië het sy span aangekondig vir die FNB T20 driehoekige reeks teen Suid-Afrika en Zimbabwe wat môre in Windhoek afskop. Dit word gevolg deur drie eendagwedstryde tussen die FNB Eagles en Suid-Afrika se Proteas. Kosmos 94.1 Nuus het met Krieket Namibië se president, Rudie van Vuuren, gepraat wat sê die span is voorbereid om beide lande by die eerste-van-sy-soort geleentheid aan te pak.
27 Aug 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Sny af - of betaal self

Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa, dreig om munisipale skuld van raadslede se toelaes af te trek indien hulle nie sy opdrag uitvoer om dienste aan wanbetalers af te sny nie. Hy het tydens die burgemeestersforum in Rundu gevra waarom munisipaliteite finansiële probleme aanvoer terwyl miljoene se uitstaande skuld steeds…
7 Nov 4AM 1 min

Wolwedans-projek kry wêreldlof

'n Plaaslike projek geniet wêreldwye erkenning omdat dit landelike gemeenskappe in die hart van toerisme plaas. RuralRevive, 'n inisiatief van die Wolwedans-stigting, is tydens die 2026 Wêreldwye Toekennings vir Verantwoordelike Toerisme in Londen aangewys as die goue wenner in die kategorie vir regeneratiewe toerisme. Annely Ickua van RuralRevive sê aan…
7 Nov 3AM 1 min

Grense nie gou oop vir vee

Om protokolle vir invoere deur Suid-Afrika uit sy twee buurlande te voltooi, gaan volgens Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die buurland se Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), minstens ‘n paar maande neem.
7 Nov 2AM 1 min

Grense nie gou oop vir vee

Vir Namibiese veeboere en hul eweknieë in Botswana, gaan die grense na Suid-Afrika ondanks gerugte tot die teendeel nie binnekort oopswaai vir uitvoere nie. Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die buurland se Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), het die gerugte Vrydag as ongegronde skinderstories bestempel. Hy verduidelik:
7 Nov 2AM 1 min

GUN: Daggabesit moet heeltemal vry wees vir volwassenes

Die organisasie Ganja Users of Namibia verwelkom die kabinet se besluit om die dwelmwet van 1971 met die 2026 Narkotikawetsontwerp te probeer vervang, maar dring aan op die volledige dekriminalisering van persoonlike besit deur volwassenes. Die organisasie se sekretaris-generaal, Borro Ndungula, sê die kriminalisering van individue wat dagga vir persoonlike…
7 Nov 12AM 1 min