
Cran ondersoek ook beskermende maatreëls vir kinders op sosiale media
Loading player...
Tieners en sosiale media is in die nuus sedert Australië se verbod op sosiale media vir kinders onder 16 en ander lande wat ook die opsie ondersoek. Meta het ook intussen in Kalifornië geskik in ‘n saak waar hy daarvan beskuldig was dat sy platforms verslawend is vir kinders. In Namibië dring Cran aan op praktiese, plaaslike oplossings. CRAN-woordvoerder Mufaro Nesongano het bevestig dat die reguleerder saam met plaaslike operateurs werk om ouderdomsgepaste waarborge te ondersoek – soos beperkings op SIM-kaarte wat op minderjariges geregistreer is. Nesongano het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

