
Registrasie vir SA-produsente vir uitvoer na VAE verleng
Loading player...
Die minister van Landbou, Willie Aucamp, het die registrasiedatum verleng vir plase en voerkrale wat slagvee lewer vir rooivleisuitvoere na die Verenigde Arabiese Emirate. Plase en voerkrale het nou tot 31 Desember om die nodige stelsels te implementeer en te voldoen aan die regulasies van Veeartsenykundige Prosedurele Kennisgewing nommer 59. Aucamp sê die departement is daartoe verbind om Suid-Afrikaanse produsente te ondersteun terwyl hulle na belangrike wêreldmarkte uitbrei:

