
Swart vorder goed met eerste Sonskyntoer-titel poging
Loading player...
Die Suid-Afrikaner, Stals Swart wat sy eerste Sonskyntoer-titel wil wen, loop voor by die Sunbet Challenge Wild Coast in Port Edward in die Oos-Kaap. Hy is na die eerste ronde twee houe voor op ses onder. Agt spelers is gelykop tweede met vier onder baansyfer. Dit sluit die Suid-Afrikaners Rupert Kaminski en Keagan Thomas in, asook Liam Grehan van Ierland. Die verdedigende kampioen, Austin Bautista van Australië, het twee onder baansyfer 68. Swart sê hy is tevrede met sy spel:

