
Ekoloë maak alarm oor afkap van volgroeide mopanebome
Loading player...
Ekoloë waarsku dat die onwettige afkap van volgroeide mopaniebome vir brandhout in dele van Oshana en Omusati tot die verlies van inheemse woude en verwoenstyning kan lei. Die omgewing-ministerie sê die ontworteling van hele lewende bome is veral kommerwekkend. Plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham sê mopanie is 'n lewensbelangrike en hoogs veerkragtige boom wat kan hergroei wanneer takke volhoubaar geoes word, maar die verwydering van die hele boom kom neer op totale vernietiging van die spesie.

