
NNN sê nuwe helde moet veg teen korrupsie, armoede, verdeeldheid
Loading player...
President Netumbo Nand-Ndaitwah het in haar toespraak by die amptelike Heldedag-vieringe Namibiërs aangemoedig om te verenig en saam te werk aan 'n beter toekoms vir almal. Sy het na die bevrydingstryd verwys, maar ook die gewone mense wat elke dag opofferings maak sodat ander kan vooruitgaan, as helde uitgesonder. Die president sê die land het nuwe helde nodig wat standvastig teen vyande sal veg wat nie uniforms dra nie, soos korrupsie, armoede, werkloosheid en verdeeldheid. Sy sê elke Namibiër het 'n plig om te vervul. Luister self.

