SA moet munisipaliteite regruk voor hy homself bemark vir belegging

Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê Suid-Afrika kan nie sy handelsmarkte, beleggings en ekonomiese groei volhoubaar herstel as plaaslike regering nie eers herstel word nie. Die party sê wanbestuur, wateronderbrekings, vervalle paaie en swak vullis-bestuur is van die kwessies wat munisipaliteite raak. Woordvoerder Jaco Mulder sê hulle moet terugkeer na die basiese beginsels van bevoegde bestuur, finansiële dissipline, doeltreffende inkomste-invordering, gereelde onderhoud aan infrastruktuur en gevolge vir wanbestuur en laksheid:
25 Aug 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Rwanda het niks met oostelike DRK-geweld te doen nie - Kagame

Rwanda se president, Paul Kagame, verwerp die bewering dat sy land verantwoordelik is vir die huidige konflik in die ooste van die Demokratiese Republiek die Kongo, en sê dis faksies in die DRK. Sy opmerkings volg ná herhaalde pogings, insluitend die Amerikaanse vredesooreenkoms, om die konflik te beëindig. Kagame sê…
25 Aug 5AM 1 min

Infrastruktuur: SA-privaatsektor moet tafel toe kom

Infrastructure South Africa sê die land het te kampe met 'n finansieringsgaping van 1,6-triljoen Suid-Afrikaanse rand vir groot infrastruktuurprojekte. Die hoof van Infrastructure South Africa, Mameetse Masemola, het by die Volhoubare Infrastruktuurontwikkelingsimposium Suid-Afrika, wat tans in Kaapstad aan die gang is, gesê munisipaliteite het finansiering nodig om verouderende water-, elektrisiteit-,…
25 Aug 5AM 1 min

Geen fondse om droogtegeteisterde Epupa-gemeenskap by te staan nie

Die Kunene-streek staar 'n verergerende droogtekrisis in die gesig, met kleinvee wat glo daagliks vrek. PDM Nasionale Raadslid Ueutjerevi Ngunaihe sê gemeenskappe in gebiede soos Epupa word toenemend kwesbaar, aangesien baie inwoners swaar op vee staatmaak vir hul lewensbestaan. Ngunaihe sê die Kantoor van die Eerste Minister is ingelig, maar…
25 Aug 4AM 1 min

Tariewe: Kanada sal vergeld, tot op die dollar

Die Kanadese eerste minister, Mark Carney, sê die doel van handels-onderhandelinge met Amerika was nog altyd om die beste ooreenkoms vir die Kanadese te beding, en nooit ʼn ooreenkoms ten alle koste of teen enige tydsraamwerk nie. Amerika se 50-persent tarief op ʼn reeks Kanadese produkte het die naweek van…
25 Aug 3AM 1 min

GOOD looi Kaapstad oor behuisingsagterstand

Die GOOD-party sê Kaapstad se behuisingskrisis is die gevolg van swak politieke keuses eerder as migrasie na die provinsie. Die party beskuldig die DA-geleide stad daarvan dat hulle nie genoeg bekostigbare behuising verskaf nie en ruimtelike ongelykheid laat voortduur. Die sekretaris-generaal van GOOD, Brett Herron, sê die stad se behuisingsagterstand…
25 Aug 3AM 1 min