NNN wil samewerking met Limpopo versterk

Loading player...
President Netumbo Nandi-Ndaitwah het bevestig dat die land sy verhouding met Suid-Afrika se Limpopo-provinsie wil versterk, en seker maak hul bestaande ooreenkomste loop uit op tasbare ekonomiese en maatskaplike voordele. Limpopo-premier Phophi Ramathuba het ʼn provinsiale hoëvlak-afvaardiging gestuur om deel te neem aan die 25ste jaarlikse Ongwediva-handelskou. Nandi-Ndaitwah sê die verhouding tussen die twee regerings fokus op die skep van praktiese geleenthede vir sakeondernemings en gemeenskappe:
25 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kagame sê DRK-konflik nie Rwanda se skuld

Die Rwandese president, Paul Kagame, ontken sy land is verantwoordelik vir die konflik in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Hy het op 'n nuuskonferensie gesê die probleme is geskep deur Kinshasa en ander faktore. Kagame beskuldig naamlose partye dat hulle Rwanda 'n sondebok maak om sekere individue te beskerm…
26 Aug 4AM 1 min

R200 miljoen se kokaïen op OR Tambo-lughawe onderskep

Die polisie en sy wetstoepassingsvennote het op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng beslag gelê op twee afsonderlike besendings vermeende kokaïen van ongeveer 200-miljoen Suid-Afrikaanse rand. In die eerste voorval is twee groot reistasse by die eindpunt onderskep en 84 kilogram-blokke gevind. Nasionale polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê in die…
26 Aug 4AM 1 min

Nasionale Raad-komitee vra hervorming in hoëronderwyssektor

Die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys, Wetenskap, IKT en Jeugontwikkeling vra dringende hervormings om ernstige befondsingstekorte, vaardigheidsverskille en ongeakkrediteerde instellings in die hoëronderwyssektor aan te pak. Komiteevoorsitter Bethuel Tjaveondja beveel aan dat landelike STEM-programme uitgebrei word, in KI-sentrums belê word en universiteit-industrie-vennootskappe versterk word om opleiding in lyn…
26 Aug 4AM 1 min

Afrika-leiers steun dialoog oor migrasie, sê Cyril

President Cyril Ramaphosa sê Suid-Afrika bly verbind tot die beginsels van Pan-Afrikanisme en verwerp xenofobie en diskriminasie teen buitelandse burgers. Ramaphosa het vrae in die Nasionale Vergadering beantwoord en sê die regering voer gesprek met leiers van verskeie Afrika-lande oor migrasie-uitdagings, wat deur verskeie regerings begryp en ondersteun word. Hy…
26 Aug 1AM 1 min

Alledaagse gemeenskap-helde 'moet ook gevier word'

Gemeenskapsaktivis Shaun Gariseb vra vir breër erkenning van alledaagse gemeenskapskampioene, saam met Namibië se historiese bevrydingsikone. Gariseb beklemtoon dat hoewel die verering van gevalle strydhelde noodsaaklik is, gelyke erkenning moet gaan aan plaaslike figure soos onderwysers, kerkleiers, ouderlinge en aktiviste wat daagliks werk om lewensomstandighede te verbeter. Hy spoor Namibiërs…
26 Aug 1AM 1 min