Onbestendigheid in VSA is voordelig vir rand, dollar

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse rand het Vrydag tot sy hoogste vlak in maande versterk, ondersteun deur 'n swak Amerikaanse dollar en stygende wêreldwye kommoditeitspryse. Op die oomblik verhandel die rand op 16. Die Suid-Afrikaanse ekonoom, Dawie Klopper, skryf die verwikkeling toe aan voortdurende fiskale uitdagings en stygende opbrengskoerse in die Verenigde State, wat internasionale beleggers na bates soos goud gedryf het. Klopper het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
24 Aug 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA aktivis steun Namibiese protes oor ganja

Buiten vir Namibiese stemme wat opnuut opgaan vir die dekriminalisering van dagga, is daar ook ondersteuning uit Suid-Afrika vir hierdie wetswysiging. Die nuwe, plaaslike konsepwet was egter nog nie vir die publiek beskikbaar nie. Jeremy Acton, ‘n Suid-Afrikaanse aktivis, het sy mening oor die verwikkelinge in Namibië met Kosmos 94.1…
7 Nov 5AM 1 min

Sny af - of betaal self

Stedelike en landelike ontwikkeling-minister James Sankwasa, dreig om munisipale skuld van raadslede se toelaes af te trek indien hulle nie sy opdrag uitvoer om dienste aan wanbetalers af te sny nie. Hy het tydens die burgemeestersforum in Rundu gevra waarom munisipaliteite finansiële probleme aanvoer terwyl miljoene se uitstaande skuld steeds…
7 Nov 4AM 1 min

Wolwedans-projek kry wêreldlof

'n Plaaslike projek geniet wêreldwye erkenning omdat dit landelike gemeenskappe in die hart van toerisme plaas. RuralRevive, 'n inisiatief van die Wolwedans-stigting, is tydens die 2026 Wêreldwye Toekennings vir Verantwoordelike Toerisme in Londen aangewys as die goue wenner in die kategorie vir regeneratiewe toerisme. Annely Ickua van RuralRevive sê aan…
7 Nov 3AM 1 min

Grense nie gou oop vir vee

Om protokolle vir invoere deur Suid-Afrika uit sy twee buurlande te voltooi, gaan volgens Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die buurland se Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), minstens ‘n paar maande neem.
7 Nov 2AM 1 min

Grense nie gou oop vir vee

Vir Namibiese veeboere en hul eweknieë in Botswana, gaan die grense na Suid-Afrika ondanks gerugte tot die teendeel nie binnekort oopswaai vir uitvoere nie. Dr. Frikkie Maré, uitvoerende hoof van die buurland se Rooivleisprodusente-organisasie (RPO), het die gerugte Vrydag as ongegronde skinderstories bestempel. Hy verduidelik:
7 Nov 2AM 1 min