Die Suid Afrikaanse president Cyril Ramaphosa sê die plaaslikeregeringsverkiesing bewys die volgehoue krag van Suid-Afrika se demokrasie en soewereine reg van burgers om hul verteenwoordigers te kies. Altesaam 14,9-miljoen mense het in die verkiesing gestem, waar die ANC nasionaal die meeste stemme gekry het. Ramaphosa het gisteraand in sy toespraak…
Unam se hoof van ekonomie, Muine Samahiya, het herhaal daar is 'n groeiende gaping tussen vaardighede waarmee gegradueerdes die arbeidsmark betree en dit wat werkgewers vereis. Hy sê opleiding fokus steeds grootliks op tradisionele studierigtings, ondanks die toenemende vraag na vaardighede in die olie-, gas-, hernubare energie- en digitale sektore…
Die polisie in die Wes-Kaap het 'n skietvoorval by die Bellville-taxistaanplek veroordeel, waarin vier mans dood is, terwyl nog 'n persoon en 'n kind Saterdagaand beserings opgedoen het. Die polisiewoordvoerder, Frederick van Wyk, sê voorlopige verslae dui daarop dat die slagoffers omstreeks negeuur by die langafstandgedeelte van die taxistaanplek was,…
Internasionale oliepryse bly wisselvallig, en Namibiërs moet nie op spoedige verligting by die brandstofpomp reken nie. Simonis Storm se ekonoom, Almandro Jansen, sê ’n verandering van 10 Amerikaanse dollar per vat kan plaaslike brandstof-pryse met sowat een Namibiese dollar per liter beïnvloed.
Ná die Demokratiese Party se oorwinning verlede week in beide huise van die Amerikaanse Kongres, sê die voormalige diplomaat Brooks Spector dat president Donald Trump se administrasie die prys betaal vir die verbreking van sy oorspronklike verkiesingsbeloftes. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels:
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.