Kaapstad ondersoek eerste virtuele kragaanleg

Loading player...
Die Stad Kaapstad ondersoek virtuele kragaanleg-moontlikhede terwyl die metro deel is van ʼn beoordelings-toetslopie vir ʼn tegniese vennootskap. ʼn Virtuele kragaanleg is ʼn netwerk gedesentraliseerde skoner energiebronne, van fotovoltaïese sonkragstelsels op dakke tot nutskaal-opwekking en bergings-aanlegte wat saam as 'n tradisionele kragstasie funksioneer. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê die metro is op die voorpunt van energie-hervorming:
3 Aug 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Mense wat wêreldwyd in armoede leef styg tot 1,2 miljard

Die Verenigde Nasies sê die aantal mense wat op verskeie vlakke van armoede leef, het die eerste keer in 15 jaar toegeneem tot 1,2-miljard. 'n Wêreldwye armoede-aanwyser toon dis 51,5-miljoen meer mense as verlede jaar. Onder die 1,2-miljard mense is 617-miljoen kinders, en 83-persent woon in landelike gebiede. Die administrateur…
15 Oct 11AM 1 min

Kaartjies vir Napha-jaarvergadering nou te koop

Kaartjies vir die Namibiese Professionele Jagtersvereniging se jaarvergadering is nou amptelik te koop. Napha se kantoorbestuurder, Kristin Maritz, sê vanjaar se byeenkoms vind plaas onder die tema "Professionaliteit versterk bewaring", met die doel om strategieë vir volhoubare wildbestuur in die kollig te plaas. Sy het meer inligting aan Kosmos 94.1…
15 Oct 11AM 1 min

Meatco blink uit in VK, selfs ná BKS-uitbreking

Meatco se bedrywighede in die Verenigde Koninkryk het 'n "STERK"-gradering in die jongste beoordeling deur Plimsoll Rating ontvang. Hierdie erkenning kom na die bek-en-klouseer uitbreking, wat toegang tot belangrike premium-uitvoermarkte ontwrig het. Plimsoll se beoordeling het 47 van die VK se toonaangewende vleis in- en -uitvoermaatskappye geëvalueer en hul finansiële…
15 Oct 11AM 1 min

Publiek welkom om landbouministerie teen BKS te help

Die landbouministerie is oop vir vrywillige hulp van lede van die publiek in die stryd teen die bek-en-klouseer-uitbreking. Lynminister Inge Zaamwani het vanmiddag aan die parlement gesê dat sy 'n lys ontvang het van individue wat aanbeveel is om die ministerie by te staan, maar dat sy steeds hul besonderhede…
15 Oct 10AM 1 min

CAN verwelkom N$1,3 miljoen vir palliatiewe fonds

Die Kankervereniging het 'n belofte van 1,3 miljoen Namibiese dollar deur die FirstRand Namibië-stigting aan sy fonds vir palliatiewe sorg verwelkom. Die vereniging sê die bydrae is 'n beduidende stap om deernisvolle en waardige gesondheidsorg vir kwesbare kankerpasiënte regoor die land te verseker. Uitvoerende hoof Rolf Hansen het aan Kosmos…
15 Oct 10AM 1 min