Namcor staan bankvas agter Olie- en Gaskonferensie

Loading player...
Voorbereidings vir die vierde uitgawe van die Namibië Olie- en Gaskonferensie is goed op dreef, met die organiseringskomitee wat pas 'n vergadering met Namcor afgesluit het. Namcor-woordvoerder Paulo Coelho sê dit is noodsaaklik dat alle belanghebbendes saamwerk en hul rol speel om te verseker dat Namibië se natuurlike hulpbronne geleenthede vir die breër ekonomie skep. Vanjaar se konferensie sal van 18 tot 20 Augustus in Windhoek plaasvind.
28 Jul 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Alcaraz dink nie hy's gunsteling in ATP-eindtoernooi

Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, beskou homself nie as gunsteling in die ATP-eindtoernooi wat Sondag in Turyn, Italië, begin nie. Die Spanjaard het oënskynlik sy beste spelpeil herwin toe hy gister die Amerikaner Ben Shelton verslaan het in die eindstryd van die Paryse Meesterstoernooi nadat hy vier maande van die…
9 Nov 10AM 1 min

Geduld, Henties, die water is op pad

Inwoners van Hentiesbaai word versoek om geduldig te wees terwyl pogings voortgaan om die dorp se watertoevoer te herstel ná ’n pyp gebars het en die watertoevoer tydelik afgesny moes word. Burgemeester Titus Johannes het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die lek reeds herstel is, maar dat die reservoir…
9 Nov 10AM 1 min

Namibia Daireis opgradeer melk-produksie toerusting

Namibia Dairies het 54,5 miljoen Namibiese dollar in nuwe toerusting belê om melkproduksie te verbeter. Die maatskappy het ’n moderne vul-lyn in gebruik geneem wat toerusting vervang wat reeds meer as 15 jaar in bedryf was. Die nuwe tegnologie kan tot 8 000 verpakkings per uur vul, terwyl dit na…
9 Nov 10AM 1 min

Voedselpryse sal meer styg: ekonoom

Verdere stygings in voedselpryse kan in die komende maande verwag word namate hoër brandstof- en vervoerkoste die ekonomie insypel, asook die verwagte El Niño. Standard Bank Namibië se ekonoom, Helena Mboti, sê vervoerkoste het die grootste bydraer tot die land se inflasiekoers geword. Dit wek kommer dat noodsaaklike voedsel en…
9 Nov 9AM 1 min