Afrika se arbeid en maatskaplike uitdagings in hoofstad onder die loep

Loading player...
Windhoek is hierdie week middelpunt van Afrika se maatskaplike en arbeidsbeleidbesprekings, terwyl ministers, regeringsamptenare en vennote van regoor die vasteland bymekaarkom vir 'n driedaagse Afrika-Unie-vergadering oor indiensneming, maatskaplike ontwikkeling en -beskerming. Die uitvoerende direkteur van die arbeidsministerie, Ben Nangombe, sê die gesprekke is daarop gemik om samewerking te versterk en gekoördineerde reaksies op sommige van Afrika se dringendste arbeids- en maatskaplike uitdagings te ontwikkel.
28 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Alcaraz dink nie hy's gunsteling in ATP-eindtoernooi

Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, beskou homself nie as gunsteling in die ATP-eindtoernooi wat Sondag in Turyn, Italië, begin nie. Die Spanjaard het oënskynlik sy beste spelpeil herwin toe hy gister die Amerikaner Ben Shelton verslaan het in die eindstryd van die Paryse Meesterstoernooi nadat hy vier maande van die…
9 Nov 10AM 1 min

Geduld, Henties, die water is op pad

Inwoners van Hentiesbaai word versoek om geduldig te wees terwyl pogings voortgaan om die dorp se watertoevoer te herstel ná ’n pyp gebars het en die watertoevoer tydelik afgesny moes word. Burgemeester Titus Johannes het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die lek reeds herstel is, maar dat die reservoir…
9 Nov 10AM 1 min

Namibia Daireis opgradeer melk-produksie toerusting

Namibia Dairies het 54,5 miljoen Namibiese dollar in nuwe toerusting belê om melkproduksie te verbeter. Die maatskappy het ’n moderne vul-lyn in gebruik geneem wat toerusting vervang wat reeds meer as 15 jaar in bedryf was. Die nuwe tegnologie kan tot 8 000 verpakkings per uur vul, terwyl dit na…
9 Nov 10AM 1 min

Voedselpryse sal meer styg: ekonoom

Verdere stygings in voedselpryse kan in die komende maande verwag word namate hoër brandstof- en vervoerkoste die ekonomie insypel, asook die verwagte El Niño. Standard Bank Namibië se ekonoom, Helena Mboti, sê vervoerkoste het die grootste bydraer tot die land se inflasiekoers geword. Dit wek kommer dat noodsaaklike voedsel en…
9 Nov 9AM 1 min