Afrikaans en 'n liefde vir lees
Loading player...
Kom luister op 25 Julie op Kopskuif hoe Brandon Erasmus, voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes, en Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die Vriende van Afrikaans (VVA), gesels.
As onderwyser, gemeenskapsleier en voorsitter van die ATKV-tak Victoria-Wes verenig Brandon ’n paar liefdes: Afrikaans, opvoeding, kultuur, kuns en gemeenskap. Chareldine se liefde vir die ontwikkeling en bevordering van lees onder jong kinders ken geen perke nie. Sy deel meer oor die VVA se leesontwikkelingsprojekte, voorlesings aan kinders en die uitdeel van boektrommels.