
Weerkenner sê hierdie El Niño herinner aan 2015
Loading player...
El Niño en die positiewe fase van die Indiese Oseaan-dipool ontwikkel vinnig en begin al hoe meer na 2015 se toestande lyk. Dit is ’n kombinasie wat baie droë en warm toestande kan bring. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê aan AMT dit sal veroorsaak dat die laaste ryp vanjaar moontlik vroeër as normaal sal kom.

