Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku dat die toenemende konflik tussen Amerika en Iran buite beheer raak en die Midde-Ooste op die “rand van die ondenkbare” plaas. Oliepryse het skerp gestyg nadat president Donald Trump gedreig het dat hy ʼn massiewe aanval teen Teheran oorweeg, groter as die…
Die ANC-jeugliga sê ekonomiese beleide moet gelyke klem plaas op groei, vervaardiging en werkskepping, en inflasiebestuur. Verbruikersprysinflasie het verlede maand tot vyf-persent geklim – die hoogste vlak in twee jaar. Die Suid-Afrikaanse Reserwebank se Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers op 7,5-persent gehou en die prima uitleenkoers op 10,50-persent. Die jeugliga…
Die RMB Brandberg Backyard Ultra 2026 is afgesluit, met die opvolg WhatsApp-veiling wat oor twee dae 286 800 Namibiese dollar vir wildbewaring ingesamel het. Mede-organiseerder Nico Scholtz het hardlopers, vrywilligers, borge, skenkers en bieërs bedank vir die sukses van die geleentheid en gesê die fondse sal Save the Rhino Trust…
El Niño en die positiewe fase van die Indiese Oseaan-dipool ontwikkel vinnig en begin al hoe meer na 2015 se toestande lyk. Dit is ’n kombinasie wat baie droë en warm toestande kan bring. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê aan AMT dit sal veroorsaak dat die laaste ryp…
Reaksie word ontvang op eerste minister Elijah Ngurare wat Meatco en die landbouministerie een week gee om operasionele uitdagings op te los en intervensies by staatsbeheerde abattoir te versnel. Landboukenner Wallie Roux sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat dit nie maklik sal wees om Meatco se verpligtinge teenoor produsente aan…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.