SA se kleinhandelsektor presteer goed ten spyte van druk

Loading player...
Statistiek Suid-Afrika sê kleinhandelverkope het met 2,3-persent in Mei gestyg in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar, wat voortgesette groei in verbruikersbesteding toon. Die grootste toenames het van ander kleinhandelaars, klerasie- en skoeiselwinkels en algemene handelaars gekom. Raquel Floris van Statistiek SA sê oor die drie maande tot Mei was kleinhandelverkope twee-persent hoër as in dieselfde tydperk verlede jaar, wat dui op voortgesette bestendige groei in die kleinhandelsektor:
24 Jul 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VSA stel tariewe teen dwangarbeidlande in

President Donald Trump van Amerika se administrasie stel tariewe van tussen 10- en 12,5-persent in teen 60 handelsvennote wat nie Namibië insluit nie maar wel Suid-Afrika. Die rede is die lande se versuim om maatreëls doeltreffend toe te pas om die invoer van goedere wat deur dwangarbeid vervaardig is, te…
24 Jul 3AM 1 min

Kganyago waarsku oor wêreldwye verwikkelings

Die goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Lesetja Kganyago, sê voortdurende wêreldwye onsekerheid, veral die konflik in die Midde-Ooste en wisselvallige oliepryse, kan leenkoste langer hoog hou. Die Monetêre Beleidskomitee het die terugkoopkoers onveranderd op 7 persent gelaat. Kganyago sê inflasierisiko's bly hoog en toekomstige rentekoersbesluite sal afhang van inkomende ekonomiese…
24 Jul 2AM 1 min

Mbuende beklemtoon belegging in jeug

Die direkteur van die Nasionale Beplanningskommissie, dr. Kaire Mbuende, sê Namibië se toekoms hang af van doeltreffende belegging in jongmense. Kaire het tydens die vrystelling van die nuwe VN Bevolkingsfonds se Democratic Futures-opname gesê dat die jeug ambisieus bly ten spyte van werkloosheid, ongelykheid, beperkte geleenthede en ongelyke toegang tot…
24 Jul 2AM 1 min

Kongres misluk in poging om Trump se oorlogsmagte te beperk

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het die Oorlogsmagte-resolusie aanvaar wat president Donald Trump beveel om die weermag aan die konflik met Iran te onttrek. Vier Republikeine het saam met die Demokrate ten gunste van die maatreël gestem, wat die stemme op 214 teenoor 208 gebring het. Die Senaat het ook…
24 Jul 1AM 1 min

Cosatu verwelkom onveranderde repokoers

Die vakbondfederasie Cosatu het die Suid-Afrikaanse Reserwebank se besluit verwelkom om die terugkoopkoers op sewe-persent te hou, aangesien dit verligting sal bring vir werkers en middelklas-huishoudings wat reeds sukkel met stygende lewenskoste. Zanele Sabela van die federasie sê 'n rentekoersverhoging sou baie gesinne dieper in die skuld gedryf het, aangesien…
24 Jul 1AM 1 min