Tydens 'n polisie-ondersoek in Swakopmund se Mondesa-gebied het die 44-jarige Christian Petrus, algemeen bekend as Pepi, na bewering sy hond beveel om beamptes aan te val, waarna 'n beampte die aanstormende dier uit selfverdediging geskiet het. Petrus het hierdie week in die hof verskyn, borgtog van 1 000 Namibiese dollar…
Boere en ander belanghebbendes in die Omaheke-streek sê dis elkeen se verantwoordelikheid om die verspreiding van bek-en-klouseer te stuit en het daarom verskeie maatreëls voorgestel om die land se geveg teen die siekte te versterk. Van hul voorstelle sluit in die instandhouding van die Namibië-Botswana grensdraad, die oprigting van padblokkades,…
Minister van mynbou en energie, Modestus Amutse, sê elektrisiteits-verskaffers moet onthou dat enige aanpassings wat hulle aan krag-pryse maak, die alledaagse Namibiese-huishouding direk affekteer. Amutse het Donderdag met rolspelers in die kragvoorsiening-sektor vir ‘n eendag-beraad in Windhoek vergader en gesê bekostigbaarheid moet sentraal bly in Namibië se energietransformasie:
Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, bepleit ’n hersiening van die DA se rol in die regering van nasionale eenheid ná die Konstitusionele Hof-beslissing dat 181 ANC-kandidate vir die plaaslike regeringsverkiesing wat voorheen uitgesluit is, op die lys geplaas moet word. Die DA het die ANC in die hof teengestaan…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.