
SARB sê môre oor rentekoers, tans op 7%
Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Reserwebank sal sy volgende rentekoersbesluit môre neem. Tans is die repokoers 7 persent en die primakoers 10,5 persent. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Chris Hart gepraat wat sê die monetêre beleidskomitee se voorkomende rentekoersverhoging van 25 basispunte in Mei sal dit onwaarskynlik maak dat 'n opvolgverhoging nou nodig sal wees.

