AU-komitee sitting in Windhoek het sosiale-, arbeidsagenda

Loading player...
Namibië gaan 'n sleutelrol speel in die vorming van Afrika se sosiale en arbeidsagenda wanneer die land van 27 tot 31 Julie in Windhoek gasheer sal wees vir die Afrika-unie se Sesde Gespesialiseerde Tegniese Komitee oor Sosiale Ontwikkeling, Arbeid en Indiensneming. Maria Hedimbi, die arbeidministerie se woordvoerder, sê die hoëvlakbyeenkoms sal ministers en belangrike rolspelers van reg oor die vasteland byeenbring om stelsels vir sosiale beskerming te versterk.
21 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Steun vir privaatsektor by Kaapstad-hawe

Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, en die LUR vir Landbou, Ekonomiese Hervorming en Toerisme, Ivan Meyer, verwelkom Transnet se besluit om privaatsektor-vennote vir die Kaapstadse hawe te bekom. Hulle sê verbeterde hawe-doeltreffendheid sal uitvoere versterk, beleggings lok en werk skep. Meyer sê dit sal opeenhoping en vertragings help verlig, sake-koste…
21 Jul 11AM 1 min

Staande komitee fokus op landelike netwerkkonnektiwiteit

Landelike netwerkkonnektiwiteit neem die middelpunt in terwyl die Parlementêre Staande Komitee oor Inligting- en Kommunikasietegnologie sy toesigbesoeke in die noorde voortsit. 'n Lid van die komitee, Willem Amutenya, het by Epinga in die Ohangwena-streek gepraat en beklemtoon dat beleggings in netwerkinfrastruktuur betekenisvolle voordele moet lewer aan die gemeenskappe wat hulle…
21 Jul 10AM 1 min

Kommer oor regering se ad hoc-aanstellings

Kommer word uitgespreek oor die aanstelling van die uitvoerende direkteur van die justisieministerie, Ben Nangombe, as hoof van die Maatskaplike Voorsorgkommissie, te midde van bewerings dat hy aangestel is sonder om 'n formele onderhoudsproses te ondergaan. Daar word ook beweer dat Nangombe deur minister Wise Immanuel vir die pos gekies…
21 Jul 10AM 1 min

BBP-groei styg tot 2% in eerste kwartaal

Namibië se ekonomie toon tekens van herstel, met reële BBP-groei wat in die eerste kwartaal van 2026 tot 2 persent gestyg het, teenoor 0,1 persent aan die einde van verlede jaar. Die Bank van Namibië se Makro-prudensiële Toesigkomitee sê landbou, kleinhandel en finansiële dienste het die herstel gedryf, terwyl swak…
21 Jul 10AM 1 min