
BBP-groei styg tot 2% in eerste kwartaal
Loading player...
Namibië se ekonomie toon tekens van herstel, met reële BBP-groei wat in die eerste kwartaal van 2026 tot 2 persent gestyg het, teenoor 0,1 persent aan die einde van verlede jaar. Die Bank van Namibië se Makro-prudensiële Toesigkomitee sê landbou, kleinhandel en finansiële dienste het die herstel gedryf, terwyl swak diamantvraag mynbou benadeel het. Intussen bly die banksektor stabiel, met bates wat met 3,8 persent styg tot 195,1 miljard Namibiese dollar. Woordvoerder van die sentrale bank, Josefina Oskar:

