Namibiese hokkie-vroue verloor eerste wedstryd

Loading player...
Die Namibiese nasionale vrouehokkiespan het die eerste wedstryd van hul reeks van vier toetse teen Suid-Afrika met 4-0 by Elkanah House-hoërskool in Kaapstad verloor. Hoofafrigter Trevor Cormack sê die jong Namibiese span wat besig is met 'n heropbouproses, gebruik hierdie reeks as noodsaaklike voorbereiding vir die komende Afrika-spele. Hulle speel vandag die tweede toets.
21 Jul 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

President oorhandig nasionale vlag aan Jeug Olimpiese Spele-span

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die nasionale vlag by Staatshuis aan Namibië se span van 12 lede wat op pad is na die Dakar 2026 Jeug Olimpiese Spele in Senegal oorhandig. Sy het sport as 'n nasionale prioriteit onder die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan beklemtoon... en die jong atlete aangespoor om met…
16 Oct 2AM 1 min

Mashatile onthul beleggingsbeloftes in Limpopo oorskry N$452-miljard

Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê beleggingsbeloftes wat deur die Limpopo-beleggingskonferensie verkry is, het 452-miljard Namibiese dollar oorskry, met meer as 71-miljard dollar reeds belê is. Tydens die 6de beleggingskonferensie het Mashatile gesê hierdie beleggings het gehelp om byna 24-duisend werksgeleenthede te skep. Mashatile sê Limpopo is goed geposisioneer…
16 Oct 1AM 1 min

Onthou, NamRA se belasting-amnestieprogram sluit op 31 Oktober

Die Namibiese Inkomste-agentskap herinner belastingbetalers daaraan dat die finale fase van sy belasting-amnestieprogram op 31 Oktober sluit. NamRA-projekbestuurder Petra Haingura sê dat deelnemers 'n 100 persent kwytskelding van alle rente en boetes ontvang, mits hulle hul kapitaalbelastingbalans ten volle via die Itas-portaal voor die sperdatum vereffen.
16 Oct 1AM 1 min

Bulle reg vir Stade Francais-wedstryd op Loftus

Die Blou Bulle speel Saterdag teen Stade Francais in die Verenigde-rugby-kampioenskap-reeks op Loftus Versfeld in Pretoria. Die span is aangewys... en die hoof-afrigter van die Bulle, Johan Ackerman het met Kosmos 94.1 gepraat:
16 Oct 1AM 1 min