Inwoners in Informele nedersettings suip aan agterspeen

Loading player...
Inwoners van informele nedersettings in Windhoek – veral in gebiede soos Goreangab en Havana – neem toenemend die reg in eie hande in reaksie op 'n toename in gewapende rooftogte en inbrake. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Shaun Gariseb, 'n gemeenskapsaktivis en woordvoerder van die Khomas Residents and Ratepayers' Association, wat sê inwoners is gefrustreerd oor stadige reaksietye van die polisie, strate sonder straatligte en 'n gebrek aan munisipale ondersteuning.
20 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Noord-KZN suikerrietplase 'se werkers het land verlaat'

Die African Farmers Association of South Africa in KwaZulu-Natal sê suikerrietprodusente aan die provinsie se noordkus het te kampe met 'n ernstige tekort aan werkers. Die ondervoorsitter, Lloyd Hadebe, het aan die SABC gesê baie buitelandse werkers het boerderygemeenskappe verlaat ná betogings teen ongedokumenteerde migrante. Hy waarsku die tekort vertraag…
21 Jul 9AM 1 min

Straatverkopers by China Town nie beboet

Die Windhoek Stadspolisie het bevestig dat geen boetes uitgereik is aan die honderde informele straatverkopers wat onlangs naby China Town in die noordelike nywerheidsgebied bedrywig was nie. Woordvoerder superintendent Marcelline Murapo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle skriftelike waarskuwings gegee het en verkopers van items soos lekkergoed, kapana,…
21 Jul 9AM 1 min

SA vier beslaglegging op R326 miljoen se korrupsie-bates

Gesondheidminister Aaron Motsoaledi verwelkom die finale Hooggeregshof-bevel aan die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid vir permanente beslaglegging op bates van 326-miljoen Suid-Afrikaanse rand van die korrupsie-beskuldigde sakeman, Hangwani Maumela. Dit hou verband met tenderbedrog by die Tembisa-hospitaal en die sluipmoord op die verklikker Babita Deokaran. Woordvoerder Foster Mohale sê dis net…
21 Jul 8AM 1 min

Haal uit die truie, koue is op pad

Koue toestande word voorspel om die sentrale en suidelike binneland van Namibië oor die volgende paar dae te tref. 'n Kragtige koue front sal oor die streek beweeg, wat veral nagtemperature sal laat daal. Onafhanklike weervoorspeller Vilho Ndeunyema het meer.
21 Jul 8AM 1 min

Ekonoom sê oor Healey wat Reeves vervang

In 'n onderhoud met Sky News het die uitvoerende hoof van JP Morgan Jamie Dimon gewaarsku dat premier Andy Burnham se nuwe kanselier beleid moet nastreef wat ekonomiese groei dryf, selfs al lyk dit of dit "ryk mense" bevoordeel. Burnham het James Healey as kanselier aangestel. Dimon sê Rachel Reeves…
21 Jul 6AM 1 min