Kunene-boere, NNF en Oxford wil van julle hoor

Loading player...
Die Namibiese Natuurstigting, in samewerking met Oxford-universiteit doen 'n opname oor olifante onder kommersiële boere in die Kunene-streek. Onder belang is kostes en voordele sowel as boere se sienings oor die diere en hulle bestuur. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigting se hoof van navorsing professor Morgan Hauptfleisch gepraat.
20 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Kommer oor regering se ad hoc-aanstellings

Kommer word uitgespreek oor die aanstelling van die uitvoerende direkteur van die justisieministerie, Ben Nangombe, as hoof van die Maatskaplike Voorsorgkommissie, te midde van bewerings dat hy aangestel is sonder om 'n formele onderhoudsproses te ondergaan. Daar word ook beweer dat Nangombe deur minister Wise Immanuel vir die pos gekies…
21 Jul 10AM 1 min

BBP-groei styg tot 2% in eerste kwartaal

Namibië se ekonomie toon tekens van herstel, met reële BBP-groei wat in die eerste kwartaal van 2026 tot 2 persent gestyg het, teenoor 0,1 persent aan die einde van verlede jaar. Die Bank van Namibië se Makro-prudensiële Toesigkomitee sê landbou, kleinhandel en finansiële dienste het die herstel gedryf, terwyl swak…
21 Jul 10AM 1 min

Noord-KZN suikerrietplase 'se werkers het land verlaat'

Die African Farmers Association of South Africa in KwaZulu-Natal sê suikerrietprodusente aan die provinsie se noordkus het te kampe met 'n ernstige tekort aan werkers. Die ondervoorsitter, Lloyd Hadebe, het aan die SABC gesê baie buitelandse werkers het boerderygemeenskappe verlaat ná betogings teen ongedokumenteerde migrante. Hy waarsku die tekort vertraag…
21 Jul 9AM 1 min

Straatverkopers by China Town nie beboet

Die Windhoek Stadspolisie het bevestig dat geen boetes uitgereik is aan die honderde informele straatverkopers wat onlangs naby China Town in die noordelike nywerheidsgebied bedrywig was nie. Woordvoerder superintendent Marcelline Murapo het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat hulle skriftelike waarskuwings gegee het en verkopers van items soos lekkergoed, kapana,…
21 Jul 9AM 1 min

SA vier beslaglegging op R326 miljoen se korrupsie-bates

Gesondheidminister Aaron Motsoaledi verwelkom die finale Hooggeregshof-bevel aan die Nasionale Vervolgingsgesag se Batebeslagleggingseenheid vir permanente beslaglegging op bates van 326-miljoen Suid-Afrikaanse rand van die korrupsie-beskuldigde sakeman, Hangwani Maumela. Dit hou verband met tenderbedrog by die Tembisa-hospitaal en die sluipmoord op die verklikker Babita Deokaran. Woordvoerder Foster Mohale sê dis net…
21 Jul 8AM 1 min