NamPower se grootmaat-elektrisiteitstariewe Maandag bekend

Loading player...
Die Elektrisiteitsbeheerraad sal na verwagting Maandag sy besluit aankondig oor NamPower se aansoek vir 'n gemiddelde verhoging van 8,4 persent in grootmaat-elektrisiteitstariewe vir die 2026/2027-boekjaar. NamPower het ook 'n beroep op die reguleerder gedoen vir hulp om sowat 1 miljard Namibiese dollar in uitstaande skuld van verskeie plaaslike owerhede, asook Angola se staatsbeheerde kragmaatskappy, RNT, in te vorder. Kosmos 94.1 Nuus het met die raad se woordvoerder, Nelson Ashipala gepraat:
17 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA NVG: Geen lasbrief is vir inhegtenisneming van March and March-leier uitgereik

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bewerings ontken dat 'n lasbrief vir die inhegtenisneming van Jacinta Ngobese-Zuma, leier van die March and March-beweging, en haar man, Xolani, uitgereik is. Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Kaizer Kganyago, sê die instelling neem onafhanklik vervolgingsbesluite wat gegrond is op die Grondwet, die wet en…
16 Oct 3AM 1 min

Betroubare elektrisiteit bly belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei

Stad Windhoek-raadslid, Mateus Shoongo, sê betroubare en toeganklike elektrisiteit bly ‘n belangrike deel van Namibië se ekonomiese groei, sosiale ontwikkeling en effektiewe munisipale dienslewering. Tydens ‘n eendag-beraad vir rolspelers in die kragvoorsiening-sektor in Windhoek, Donderdag, het Shoongo gesê dat die stad se vinnige, jaarlike groei druk op die krag-netwerk plaas…
16 Oct 2AM 1 min

President oorhandig nasionale vlag aan Jeug Olimpiese Spele-span

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het die nasionale vlag by Staatshuis aan Namibië se span van 12 lede wat op pad is na die Dakar 2026 Jeug Olimpiese Spele in Senegal oorhandig. Sy het sport as 'n nasionale prioriteit onder die Sesde Nasionale Ontwikkelingsplan beklemtoon... en die jong atlete aangespoor om met…
16 Oct 2AM 1 min

Mashatile onthul beleggingsbeloftes in Limpopo oorskry N$452-miljard

Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê beleggingsbeloftes wat deur die Limpopo-beleggingskonferensie verkry is, het 452-miljard Namibiese dollar oorskry, met meer as 71-miljard dollar reeds belê is. Tydens die 6de beleggingskonferensie het Mashatile gesê hierdie beleggings het gehelp om byna 24-duisend werksgeleenthede te skep. Mashatile sê Limpopo is goed geposisioneer…
16 Oct 1AM 1 min