Versigtig met olie en gas se kitsoplossing-lokval

Loading player...
Namibië se ekonomiese vooruitsigte vereis streng fiskale dissipline terwyl die regering voorberei vir heroorweging van die begroting in Oktober. 'n Verslag deur die adviesfirma R&J waarsku dat die land nie in die strik vir hulpbron-ryk lande moet trap deur potensiële olie-inkomste as 'n kitsoplossing te sien nie. Finansiële kenners beklemtoon dat volhoubare ekonomiese groei slegs moontlik sal wees as die staat sy fiskale dissipline behou en openbare besteding streng bestuur. Die besturende direkteur van R&J, Vijay Jha, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor wat gedoen kan word om ekonomiese groei te verseker.
17 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bosa stel burgers eerste: Maimane

Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, sê die party se verkiesingsveldtog is vereenvoudig, professioneel georganiseer en bied kiesers landwyd geloofwaardige kandidate. Bosa gaan in die November-verkiesing met 794 kandidate in 24 munisipaliteite in vyf provinsies deelneem. Die meeste van sy kandidaatlyste is in Johannesburg, Tshwane, Ekurhuleni, Kaapstad en…
27 Aug 8AM 1 min

Stad Windhoek verduidelik oor Matyayi se reise

Stad Windhoek het sy uitvoerende hoof, Moses Matyayi, verdedig nadat raadslede kommer uitgespreek het oor internasionale reiskoste, insluitend 'n reis van 300 000 Namibiese dollar na Harvard-universiteit in Amerika. In 'n brief aan die Stedelike Ontwikkeling-minister het raadslede die besteding bevraagteken, maar stadswoordvoerder Lydia Amutenya hou vol dat alle amptelike…
27 Aug 8AM 1 min

Staat se plig om Harry en Meghan te beskerm

Terwyl prins Harry en Meghan Markle na die Verenigde Koninkryk terugkeer, is daar steeds geen duidelikheid oor hulle sekuriteitsreëlings nie. Staatsbeskerming is gestaak na die twee amptelik uitgetree het uit hulle koninklike verpligtinge en die saak het ook al in die hof gedraai. Maar, voormalige senior koninklike beskermingsbeampte Scott Hamer…
27 Aug 6AM 1 min

Johannesburg is 200 miljoen liter water daagliks oor voorsieningsteiken

Johannesburg Water sê die Stad gebruik sowat 200-megaliter, of 200 miljoen liter, meer water per dag as sy voorsieningsteiken, wat druk op die stelsel plaas. In 'n onderhoud met eNCA sê bestuurder Gugulethu Quma die daaglikse vraag is gemiddeld tussen 1 700 en 1 750-megaliter teenoor 'n teiken van 1…
27 Aug 6AM 1 min