Moyo vol vertroue oor sy buiging vir Bokke

Loading player...
Rugby: Die twintigjarige losskakel, Vusi Moyo, erken dit was onwerklik om te hoor dat hy Saterdag sy Springbok-buiging in Durban sal maak. Hy is een van vier nuwelinge wat teen Wallis gaan speel in die derde ronde van die Nasieskampioenskap. Moyo se senior beroepsbuiging was verlede jaar vir die Haaie in die Curriebeker, en hy het vanjaar sy eerste Verenigde Rugbykampioenskaps-wedstryd teen Zebre gespeel. Hy sê hy is gereed vir Saterdag:
15 Jul 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Alcaraz dink nie hy's gunsteling in ATP-eindtoernooi

Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, beskou homself nie as gunsteling in die ATP-eindtoernooi wat Sondag in Turyn, Italië, begin nie. Die Spanjaard het oënskynlik sy beste spelpeil herwin toe hy gister die Amerikaner Ben Shelton verslaan het in die eindstryd van die Paryse Meesterstoernooi nadat hy vier maande van die…
9 Nov 10AM 1 min

Geduld, Henties, die water is op pad

Inwoners van Hentiesbaai word versoek om geduldig te wees terwyl pogings voortgaan om die dorp se watertoevoer te herstel ná ’n pyp gebars het en die watertoevoer tydelik afgesny moes word. Burgemeester Titus Johannes het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die lek reeds herstel is, maar dat die reservoir…
9 Nov 10AM 1 min

Namibia Daireis opgradeer melk-produksie toerusting

Namibia Dairies het 54,5 miljoen Namibiese dollar in nuwe toerusting belê om melkproduksie te verbeter. Die maatskappy het ’n moderne vul-lyn in gebruik geneem wat toerusting vervang wat reeds meer as 15 jaar in bedryf was. Die nuwe tegnologie kan tot 8 000 verpakkings per uur vul, terwyl dit na…
9 Nov 10AM 1 min

Voedselpryse sal meer styg: ekonoom

Verdere stygings in voedselpryse kan in die komende maande verwag word namate hoër brandstof- en vervoerkoste die ekonomie insypel, asook die verwagte El Niño. Standard Bank Namibië se ekonoom, Helena Mboti, sê vervoerkoste het die grootste bydraer tot die land se inflasiekoers geword. Dit wek kommer dat noodsaaklike voedsel en…
9 Nov 9AM 1 min