Parlement, die Madlanga-kommissie en die verhouding tussen VSA en Iran

Loading player...
Vanoggend gesels Jannie Pelser met drie uitsonderlike gaste oor sleutelkwessies wat plaaslik en internasionaal rimpelings veroorsaak:

Parlement en die Madlanga-kommissie: Senior advokaat, Adv. Botes, gee vir ons eerstehandse terugvoer oor die vordering van die Parlementêre Ad Hoc-komitee.

Die fyn kuns van Diplomasie: Die bekende politieke ontleder, prof. André Duvenhage, bespreek die deurslaggewende rol van ambassadeurs.

Geopolitieke Spanning op 'n Mespunt: Die militêre strateeg, prof. Abel Esterhuyse, sluit die program af met 'n ontdeling van die uiters plofbare verhouding tussen die VSA en Iran.
15 Jul Afrikaans South Africa Christianity · News

Other recent episodes

Plaaslike munisipale verkiesings 2026

Jannie Pelser en gaste, Prof. André Duvenhage, Roland Henwood en Dr. Oscar van Heerden gesels oor die 4de November, waar Suid-Afrikaners na die stembusse gaan om nuwe munisipale rade te verkies. Dit gebeur teen die agtergrond van ernstige vrae oor dienslewering, finansiële bestuur en die vermoë van munisipaliteite om aan…
21 Oct 44 min

Die Christen en die plaaslike verkiesing – stem, swyg of wegbly?

Suid-Afrika staan aan die vooraand van plaaslike regeringsverkiesings. Op Woensdag 4 November kry kiesers landwyd die geleentheid om hul stemme uit te bring en te help bepaal wie die volgende vyf jaar die munisipaliteite sal bestuur. Jannie Pelser en gaste, Ds Barnard Steyn, Dr Andre van Niekerk en Ds Danie…
14 Oct 49 min

Nasiebou - ideaal of illusie?

Jannie Pelser en gaste, Dr Braam Hanekom, Jan Bosman en Dr Coetzee Bester gesels oor of Suid-Afrika nog 'n gemeenskaplike "ons" vind?
7 Oct 55 min

Die Kruis in branding

Jannie Pelser en gaste, Prof. Fanie Snyman, Prof. Hennie Stander en Prof. Cobus van Wyngaard gesels oor die Kruis in branding. Die gebruik van ongeveer 3 000 kruise wat onlangs in Washington opgerig is, met die doel om volgens die organiseerders internasionale aandag op geweld teen die boerderygemeenskap te vestig,…
30 Sep 53 min

SA en VSA: hoe het ons hier gekom?

Jannie Pelser en gaste, Prof. Antoni van Nieuwkerk, Prof. Andre Duvenhage en Gert van der Westhuizen gesels oor die verhouding tussen Suid-Afrika en die Verenigde State wat die afgelope tyd weer merkbaar versleg het. Die jongste ontwikkeling is Washington se besluit om reis- en visumbeperkings teen sekere Suid-Afrikaanse persone in…
23 Sep 53 min