Fosa betreur Matlala se terugtrekking van pleitooreenkoms

Loading player...
Die Forum for South Africa sê die vermeende misdaadbaas, Vusimuzi “Cat” Matlala, se besluit om sy pleitooreenkoms en vonnisooreenkoms terug te trek, is ʼn terugslag vir deursigtigheid en aanspreeklikheid. Nadat hy skuldig gepleit het op aanklagte van bedrog, korrupsie en geldwassery wat met die 228 miljoen Suid-Afrikaanse rand SAPD-tenderbedrogsaak verband hou, is Matlala tot 15-jaar-tronkstraf gevonnis waarvan sewe jaar opgeskort is. Fosa-leier Tebogo Mashilompane sê hy het gehoop Matlala sal die volle waarheid praat oor die korrupsie-netwerk wat die staat besteel:
14 Jul 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA Regering maan raadslede tot integriteit

Die Suid-Afrikaanse regering het na verlede week se plaaslike regering-verkiesing nuutverkose raadslede aangemoedig om gemeenskappe met integriteit, deursigtigheid en verantwoordbaarheid te dien. Die regering het Suid-Afrikaners gelukgewens met hul deelname aan die verkiesing, en die Verkiesingskommissie, die polisie en ander belanghebbendes geprys nadat hulle verseker het die verkiesing het veilig,…
9 Nov 10PM 1 min

Chibozu roep SWAPO Vroueraad tot eenheid en sterker leierskap

Swapo se Zambezi-streekkoördineerder, Linken Chibozu, het Swapo se Vroueraad aangespoor om sy strukture te versterk, eenheid te bevorder en jong vroue vir toekomstige leierskap te mentor. Chibozu het by die raad se streekkonferensie gepraat en die behoefte aan gedissiplineerde lede wat gereed is om te dien en te mobiliseer, beklemtoon.
9 Nov 10PM 1 min

Alcaraz dink nie hy's gunsteling in ATP-eindtoernooi

Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, beskou homself nie as gunsteling in die ATP-eindtoernooi wat Sondag in Turyn, Italië, begin nie. Die Spanjaard het oënskynlik sy beste spelpeil herwin toe hy gister die Amerikaner Ben Shelton verslaan het in die eindstryd van die Paryse Meesterstoernooi nadat hy vier maande van die…
9 Nov 10AM 1 min

Geduld, Henties, die water is op pad

Inwoners van Hentiesbaai word versoek om geduldig te wees terwyl pogings voortgaan om die dorp se watertoevoer te herstel ná ’n pyp gebars het en die watertoevoer tydelik afgesny moes word. Burgemeester Titus Johannes het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die lek reeds herstel is, maar dat die reservoir…
9 Nov 10AM 1 min