DA eis antwoorde oor besteding by Nsfas onder 'administrasie'

Loading player...
Die DA sê hy gaan parlementêre vrae indien waarvolgens die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, rekenskap sal moet gee oor die besluit om die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente onder administrasie te plaas. Die party vra ook volledige besonderhede oor die aangestelde adviseurs, hul rolle, vergoeding en mandate. Dit volg nadat die administrateur, professor Hlengani Mathebula, na bewering vier tegniese adviseurs teen 'n koste van nagenoeg 10-miljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar aangestel het. Delmaine Christians van die DA sê studente kan nie voortgaan om die prys vir onbestendigheid en swak toesig te betaal nie:
14 Jul 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef

Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef. Meyer het klein ondernemings aangespoor om te innoveer en na geleenthede in buurlande te…
16 Oct 6AM 1 min

Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef

Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef.
16 Oct 6AM 1 min

Bek-en-klouseer se impak strek nou tot jagbedryf

Die kwarantyn-maatreëls in Namibië, as gevolg van die bek-en-klouseer-uitbreking het ook ‘n groot negatiewe impak op die land se jagbedryf. Jofie Lamprecht bekende beroepsjagter het dit so aan Kosmos 94.1 verwoord.
16 Oct 6AM 1 min