Alle assesserings van uraan-loogmynbou sal gedoen word: Omaheke-goewerneur

Loading player...
Die goewerneur van die Omaheke-streek, Pijoo Nganate, sê die voorgestelde uraan-in-situ-loogmynbouprojek in die Leonardville-gebied, wat aansienlike debat ontketen het, kan beduidende ekonomiese voordele vir inwoners van die streek inhou. In sy streeksrede het Nganate gesê die Stampriet-akwifeer is die gebied se enigste bron van water, en dat alle nodige omgewingsassesserings uitgevoer sal word voordat 'n finale besluit oor die projek geneem word.
13 Jul 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fifa-baas vra verskoning oor privatiseringsplan

Sokker: Fifa se president, Gianni Infantino, het verskoning gevra vir sy plan om die Wêreldbekertoernooi te privatiseer. Hy sê foute is gemaak wat tot baie gevolge gelei het. Hy het in Augustus ‘n omstrede plan geskrap om 'n aandeel in die Wêreldbekertoernooi aan privaat beleggers te verkoop nadat bestuursliggame heftig…
16 Oct 8AM 1 min

Creecy keur brandstofheffing-verhoging af, Cosatu juig

Die vakverbond Cosatu verwelkom vervoerminister Barbara Creecy se ingryping om nog ʼn verhoging in die brandstofheffing te keer. Sy het ʼn voorstel van die Padongelukkefonds om die POF-heffing tot drie Suid-Afrikaanse rand per liter te verhoog, afgekeur en sê verbruikers is reeds onder groot druk. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê werkers…
16 Oct 8AM 1 min

Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef

Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef. Meyer het klein ondernemings aangespoor om te innoveer en na geleenthede in buurlande te…
16 Oct 6AM 1 min