VSA 'beter ekonomiese vennoot as China'

Loading player...
Reaksie word steeds ontvang op Namibië se hoëvlak, weeklange besoek aan China, gelei deur president Netumbo Nandi-Ndaitwah. Tydens die besoek het amptenare 'n reeks ooreenkomste onderteken. Nie almal is egter oortuig dat Namibië ekonomiese betrekkinge met China verder moet versterk nie. Kosmos 94.1 Nuus het met ekonoom dr. Roelof Botha gepraat wat sê China raak oor die algemeen slegs betrokke by transaksies waarin hy grootliks bevoordeel word. Hy sê die VSA sal 'n beter vennoot wees:
13 Jul 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA plaaslike regeringsverkiesing vind op 4 November plaas

Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, het 4 November amptelik in die Staatskoerant geproklameer as die datum vir die plaaslike regeringsverkiesing. Hy het met die SABC gepraat en burgers versoek om te registreer voor die kieserslys om middernag sluit. Hlabisa moedig gemeenskappe aan om die stembus…
7 Aug 11AM 1 min

Ovambanderu-hoofman prys terugbring-pogings

Ovambanderu-hoofman Eben Tjozohongo Nguvauva II het die regering geprys vir sy pogings om Ovambanderu-mense, wat meer as 'n eeu gelede verplaas is, uit Botswana te laat terugkeer. Hy het tydens 'n hoflikheidsbesoek aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah by Staatshuis gepraat.
7 Aug 11AM 1 min

El Niño versterk, so ook risiko van droogte

Die 2026 El Niño-verskynsel is vinnig besig om in die tropiese Stille Oseaan te versterk, met die 30-dae Suidelike Ossilasie-indeks wat tot diep negatiewe vlakke daal. Onafhanklike weervoorspeller Johan van den Berg sê dit is veral verlede maand waargeneem, en verhoog die risiko van droë periodes en wisselvallige reënvalpatrone gedurende…
7 Aug 10AM 1 min