Veiligheidskeuring van senior SAPD-lede onderweg

Loading player...
Die minister in die Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Staatsveiligheidsagentskap is tans besig met die veiligheidskeuring van senior polisiebestuurders as deel van die regering se breër pogings om integriteit, verantwoordbaarheid en openbare vertroue binne wetstoepassing te versterk. Die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, sê 18 van die 23 luitenant-generaals wat tans landwyd dien, het reeds formeel hul aansoeke vir herkeuring ingedien. Ntshavheni sê die Staatsveiligheidsagentskap het oorgeskakel na elektroniese keuring om die proses te versnel:
13 Jul 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

SA Regering maan raadslede tot integriteit

Die Suid-Afrikaanse regering het na verlede week se plaaslike regering-verkiesing nuutverkose raadslede aangemoedig om gemeenskappe met integriteit, deursigtigheid en verantwoordbaarheid te dien. Die regering het Suid-Afrikaners gelukgewens met hul deelname aan die verkiesing, en die Verkiesingskommissie, die polisie en ander belanghebbendes geprys nadat hulle verseker het die verkiesing het veilig,…
9 Nov 10PM 1 min

Chibozu roep SWAPO Vroueraad tot eenheid en sterker leierskap

Swapo se Zambezi-streekkoördineerder, Linken Chibozu, het Swapo se Vroueraad aangespoor om sy strukture te versterk, eenheid te bevorder en jong vroue vir toekomstige leierskap te mentor. Chibozu het by die raad se streekkonferensie gepraat en die behoefte aan gedissiplineerde lede wat gereed is om te dien en te mobiliseer, beklemtoon.
9 Nov 10PM 1 min

Alcaraz dink nie hy's gunsteling in ATP-eindtoernooi

Tennis: Die wêreld-nommer-drie, Carlos Alcaraz, beskou homself nie as gunsteling in die ATP-eindtoernooi wat Sondag in Turyn, Italië, begin nie. Die Spanjaard het oënskynlik sy beste spelpeil herwin toe hy gister die Amerikaner Ben Shelton verslaan het in die eindstryd van die Paryse Meesterstoernooi nadat hy vier maande van die…
9 Nov 10AM 1 min

Geduld, Henties, die water is op pad

Inwoners van Hentiesbaai word versoek om geduldig te wees terwyl pogings voortgaan om die dorp se watertoevoer te herstel ná ’n pyp gebars het en die watertoevoer tydelik afgesny moes word. Burgemeester Titus Johannes het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die lek reeds herstel is, maar dat die reservoir…
9 Nov 10AM 1 min