
Diversiteit maak staatsdiens indiensneming moeilik
Loading player...
Die kommissaris van die Staatsdienskommissie, Gerson Kamatuka, sê die kommissie staar uitdagings in die gesig met die implementering van die grondwetlike vereiste vir 'n gebalanseerde staatsdiens in 'n land so uiteenlopend soos Namibië. Kamatuka het die opmerkings gemaak tydens die Nasionale Raad se Staande Komitee oor Onderwys, Wetenskap, Informasie en Komunnikasietegnologie en Jeugontwikkeling se voortgesette inligtingsessie met sleutelbelanghebbendes in Otjiwarongo gemaak.

