Sinner die 10de wat Wimbledon-titel suksesvol verdedig

Loading player...
Die wêreld-nommer-een, Jannik Sinner, het die tiende speler geword wat sy Wimbledon-titel in die mans-enkelspel suksesvol verdedig. Die Italianer het Alexander Zverev van Duitsland met 6-7, 7-6, 6-3, 6-4 verslaan om sy vyfde Grand Slam-titel te buit. Zverev, wat verlede maand die Franse Ope gewen het, wou die eerste man sedert 1968 word wat sy tweede Grand Slam-titel onmiddellik na sy eerste opraap. Sinner, wat in 2026 met ses titels voorloop, sê dis baie spesiaal om Wimbledon weer te wen:
13 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fifa-baas vra verskoning oor privatiseringsplan

Sokker: Fifa se president, Gianni Infantino, het verskoning gevra vir sy plan om die Wêreldbekertoernooi te privatiseer. Hy sê foute is gemaak wat tot baie gevolge gelei het. Hy het in Augustus ‘n omstrede plan geskrap om 'n aandeel in die Wêreldbekertoernooi aan privaat beleggers te verkoop nadat bestuursliggame heftig…
16 Oct 8AM 1 min

Creecy keur brandstofheffing-verhoging af, Cosatu juig

Die vakverbond Cosatu verwelkom vervoerminister Barbara Creecy se ingryping om nog ʼn verhoging in die brandstofheffing te keer. Sy het ʼn voorstel van die Padongelukkefonds om die POF-heffing tot drie Suid-Afrikaanse rand per liter te verhoog, afgekeur en sê verbruikers is reeds onder groot druk. Cosatu-woordvoerder Matthew Parks sê werkers…
16 Oct 8AM 1 min

Klein ondernemings moet slim bestee om te oorleef

Ekonomiese druk plaaslik en wêreldwyd plaas ernstige druk op die land se klein besighede en informele sektore. SMEs Compete-stigter Danny Meyer sê dat entrepreneurs nou streng operasionele doeltreffendheid en slim besteding moet prioritiseer, om te oorleef. Meyer het klein ondernemings aangespoor om te innoveer en na geleenthede in buurlande te…
16 Oct 6AM 1 min