
SA boere kan nou self BKS-entstowwe koop
Loading player...
Die minister van Landbou, Willie Aucamp, sê sy department het 'n skikking buite die hof bereik wat 'n regsgeding beëindig oor die verkryging en verspreiding van bek-en-klouseer-entstowwe. Sakeliga, die landbou-organisasie Saai en Vrystaat Landbou het aangevoer boere moet toegelaat word om entstowwe regstreeks te koop eerder as om te wag op uitgerekte staatsverkrygingsprosesse. Aucamp sê die ooreenkoms sal die mark oopstel vir regverdige mededinging en beter beskikbaarheid van entstowwe meebring:

