
Aanlyn bieëry doen nie veel vir deursigtigheid nie
Loading player...
Die Sentrale Verkrygingsraad het Woensdag vir die eerste keer 'n bodopening regstreeks uitgesaai. Volgens die raad sal alle bodopeninge nou so uitgesaai word, vir deursigtigheid. Die eerste regstreekse uitsending was vir die grootskaalse grondwerke, 'n waterreservoir en grootskaalse interne dienste vir die Windhoek Distrik Hospitaal wat in Havana in die hoofstad gebou word. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar by politieke ontleder dr. Ndumba Kamwanyah gekry.

