
PDM skop ook vas teen Sindano
Loading player...
Tydens 'n gesamentlike perskonferensie gehou deur opposisiepartye in die hoofstad, het die leier van die PDM, McHenry Venaani ook twyfel uitgespreek oor of Gerson Sindano 'n gepaste kandidaat is vir die pos van voorsitter van die Namibiese Verkiesingskommissie. Venaani sê sy pos as assistent vir destydse Swapo sekretaris-generaal Nangolo Mbumba, bring twyfel oor sy onpartydigheid.

