
VN waarsku oor hervatting van oorlog
Loading player...
Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal, António Guterres, waarsku die hervatting van aanvalle en teenaanvalle tussen Amerika en Iran kan die diplomatieke vordering sedert die skietstilstand in April aangekondig is, ongedaan maak. Amerika het hierdie week meer as 150 teikens in Iran getref waarin 14 mense dood is. Teheran het Amerikaanse militêre basisse in die Midde-Ooste aangeval. Die VN-woordvoerder, Stéphane Dujarric, sê ʼn terugkeer na volskaalse vyandelikhede sal rampspoedige gevolge hê vir die streek se mense en vir internasionale vrede en sekuriteit:

