
IPC verklaar Sindano-kwessie as ongrondwetlik
Loading player...
Die parlementêre herrie oor die sogenaamde aanstelling van Gerson Sindano as voorsitter van die verkiesingskommissie duur voort. Behalwe dat AR-leier Job Amupanda bevestig het sy hofdokumente is voorberei en sal vandag ingedien word, sê IPC-leier Panduleni Ithula, president Netumbo Nandi-Ndaitwah se dokument rakende Sindano is nie in lyn met die Grondwet nie omdat sy in die dokument nomineer en nie aanstel nie. Die Nasionale Vergadering se hande is dus afgekap.

