Versigtig met vennootskappe in China, maan LPM

Loading player...
China het sy sakegemeenskap en beleggers gemobiliseer om Namibië se industrialiseringsdoelwit te ondersteun met vennootskappe in nywerheidsontwikkeling en beleggings in waarde-toevoeging. Tydens president Netumbo Nandi-Ndaitwah se staatsbesoek het sakeleiers van China en Namibië in Guangzhou byeengekom vir die Guangdong-provinsie se sakeforum. Kosmos 94.1 Nuus het kommentaar gekry by die LPM se woordvoerder, Lifalaza Simataa, wat sê Namibië trek gewoonlik aan die kortste end in sulke vennootskappe. Hy verduidelik.
10 Jul 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Bokke die belangrikste toets: Wallabie-flank

Rugby: Die Wallabie-flank Carlo Tizzano sê 'n wedstryd teen die Springbokke is die belangrikste toets, maar hulle is gereed daarvoor. Australië het die nuweling Harry McLaughlin-Phillips ingesluit in die groep vir Sondag se eenmalige toets teen die wêreldkampioen op die Optus-stadion in Perth. Die Bokke het Australië 30-12 geklop tydens…
22 Sep 11AM 1 min

Trump prys homself, trek los teen Iran by VN

Amerikaanse president Donald Trump het vanmiddag tydens sy toespraak by die 81ste Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies in New York 'n hewige aanval op Iran geloods. Trump het sterk klem gelê op die voortslepende konflik, wat nou sy sewende maand nader. Hy het erken dat die konflik ontwrigting van…
22 Sep 11AM 1 min

SA privaatsektor gaan nou ook BKS-entstof vervaardig

Landbouminister Willie Aucamp sê kwalifiserende privaat ondernemings sal toegelaat word om die Landbounavorsingsraad se intellektuele eiendom te gebruik om sy entstof teen bek-en-klouseer in grootmaat te vervaardig. Die raad het die toegewing eenparig goedgekeur. Hy sê dis doeltreffend teen plaaslike stamme met een jaarlikse dosis, maar hy kan dit nie…
22 Sep 11AM 1 min

Land is duur om te besoek: Gasvryheidsvereniging

Augustus bly 'n sterk maand vir die gasvryheidsektor, met 'n nasionale kamerbesettingsyfer van 69,53 persent vanjaar, maar die Gasvryheidsvereniging van Namibië is versigtig optimisties oor die laaste drie maande van die jaar. Kosmos 94.1 Nuus het met die vereniging se uitvoerende hoof, Gitta Paetzoldt, gepraat wat sê dit is bemoedigend…
22 Sep 10AM 1 min