Niks fondse word bestee om voetgangersterftes te voorkom: forum

Loading player...
Te veel Namibiërs word beseer of sterf op die land se paaie, met 'n piek wat in 2017 bereik is met 778 sterftes en die laagste syfer van 423 sterftes wat in 2023 aangeteken is, volgens die Motorvoertuig-ongelukkefonds. 'n Groot deel van die sterftes en beserings is voetgangers. Horst Heimstädt, uitvoerende hoof van die Namibiese Padveiligheidsforum, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat daar geen fondse bestee word om voetgangersterftes of -beserings te voorkom nie.
24 Jun 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Moenie Benni McCarthy se Kenia onderskat: Pitso

Sokker: Bafana Bafana het begin oefen vir dié maand se twee Afrikabeker-kwalifiseerders teen Kenia. Afrigter Pitso Mosimane het gisteraand sy eerste oefening aangebied sonder Mbekezeli Mbokazi, Lyle Foster en Puso Dithejane, wat in Amerika speel, en Relebohile Mofokeng en Sphephelo Sithole, wat vir Europese klubs speel. Hulle sluit vandag by…
10 Nov 10AM 1 min

Land se 'herhaalde waterprobleme moet aangespreek word'

Amptenare van reg oor Suider-Afrika het vandag in Swakopmund vergader vir die derde Namibiese Streekwatersimposium. Die driedaagse geleentheid fokus op maniere om waterbronne beter te bestuur, samewerking te versterk en oplossings te vind vir die uitdagings van klimaatsverandering en watertekorte. Die uitvoerende direkteur in die landbouministerie, Teofelus Nghitila, sê langtermynoplossings…
10 Nov 10AM 1 min

Ondersteun Mej. Namibië op Mej. Heelal-toep

Mej. Namibië 2026, Charene Labuschagne, se Mej. Heelal-avontuur het amptelik begin. Sy het in Puerto Rico aangekom waar sy aan die 75ste Mej. Heelal-kompetisie gaan deelneem. Die kompetisie vind op 24 November by die José Miguel Agrelot Coliseum in San Juan plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die nasionale direkteur…
10 Nov 9AM 1 min

Te min huise en gedienste erwe dryf huisprys-styging

Die huismark toon tekens van groei, met huispryse wat in die derde kwartaal vanjaar vinniger gestyg het, hoewel groei in verbandlenings steeds stadig is en minder eiendomme verkoop is. Die jongste FNB-huisprysindeks toon dat huispryse gemiddeld met 8,9 persent op ’n jaargrondslag gestyg het, teenoor 7,4 persent in die vorige…
10 Nov 9AM 1 min