Gevare van spoedbrekers bring verantwoordbaarheid na vore

Loading player...
'n Video doen die rondtes op sosiale media waar 'n ambulans op die B1 Westelike Verbypad die spoedbrekers vermy en op die eiland tussen die twee paaie ry. Dit het weer diskoers aangevuur oor die potensiaal van lewens wat verloor kan word weens die hobbels. Regter Gabriel Komboni sal op 30 Junie in die hoërhof sy uitspraak in aktivis Michael Amushelelo se dringende aansoek teen vervoerminister Veikko Nekundi oor die brekers lewer. Kosmos 94.1 Nuus het met bestuurskenner Pius Dunaiski gepraat, wat sê die saak bring die kwessie van aanspreeklikheid na vore.
24 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos…
17 Oct 1AM 1 min

BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
17 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min