Kenner sê groener oplossings vir datasentrums word ontwikkel

Loading player...
Die VN sekretaris-generaal, António Guterres het groot kunsmatige intelligensie-maatskappye aangesê om die volle omgewingskoste van hul datasentrums te openbaar en hernubare energie te gebruik. Teen 2030 kan hulle meer krag gebruik as alle lande behalwe vyf, en genoeg water om in die basiese behoeftes van al 1,3 miljard inwoners van Afrika Suid van die Sahara vir 'n hele jaar te voorsien. Kosmos 94.1 Nuus het met Kehad Snydewel, besturende direkteur van Green Enterprise Solutions gepraat oor die moontlikheid van datasentrums in Namibië.
24 Jun 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Fietsry: Drikus steeds voor in Rhino Run

Die Namibiese fietsryer, Drikus Coetzee, loop steeds voor in die Rhino Run-uithou-fietswedren van Windhoek na Graaff Reinet, met die Fransman, Stephane Lombard, in die tweede plek. Coetzee het reeds 1 857 km van die uitmergelende 2 835 km voltooi en pak vandag die sesde skof aan. Hy het met Kosmos…
17 Oct 1AM 1 min

BKS: Geen verspreiding in Karasburg - vir nou

Die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik het nie versprei nie en is steeds tot 18 plase in die besmette area beperk. Die hoofveearts by die landbouministerie, dr. Kenneth Shoombe, het Vrydag die jongste inligting oor die uitbreking bekend gemaak:
17 Oct 1AM 1 min

Copps 94.1: Drank- en dwelmduiwel listig in Windhoek

Die Copps 94.1-span moes Vrydagaand in Windhoek behoorlik bontstaan met die drank- en dwelmduiwel wat amok gesaai het. Francois Lottering van Kosmos 94.1 was soos altyd op sy pos en doen verslag van die toneel:
17 Oct 12AM 1 min